Wednesday, 07 May 2008

Today's Beeld

A story of interest from today's Beeld newspaper.

Kaapstad. – Me. Geraldine Fraser-Moleketi, minister van staatsdiens en administrasie, wou haar gister nie tot ’n moontlike 11%-salarisverhoging vir staatsamptenare verbind nie.
Haar antwoord op die vraag of staatsdienswerkers vanjaar ’n dubbelsyferverhoging kan verwag, was: “Ingevolge ’n meerjarige salarisooreenkoms kan staatsamptenare ’n verhoging gelykstaande aan die verbruikersinflasiekoers plus 1% kry.
“Die kwessie sal oorweeg word. Daar sal gevolglik ’n besluit hieroor wees,” het sy gesê.
Die ooreenkoms is verlede jaar tussen die regering en die staatsdiensvakbonde gesluit ná die maand lange staatsdiensstaking.
Die verbruikersinflasiekoers sonder inagneming van die rentekoers op huisverbande het verlede maand 10,1% bereik.
Fraser-Moleketi het op ’n mediakonferensie gesê onderskeidelik 88% en 82% van poste vir departementele hoofde en munisipale bestuurders is reeds gevul.
Volgens haar sal die staatsdiens nie die Maart 2010-teiken van 2% gestremdes in die staatsdiens bereik nie. – Abigail Isaacs

No comments:

Post a Comment